10km from the last traffic light in Potchefstroom, on the N12 Road towards Jhb
+27 (0) 71 604 7952
info@lekwena.co.za

Virseker Geesfees | 18-20 Maart 2022

Ons vang GEES in Potch!

HOEKOM HOU ONS FEES?

Virseker en Solidariteit Helpende Hand bied ‘n fees aan om mense se gemoedere en kinders se honger magies te voed. Die Virseker Geesfees vind plaas vanaf 18 tot 20 Maart 2022 by Lekwena Wildlife Estate ongeveer 10 km buite Potchefstroom.

Kunstenaars soos Adam Tas, Ricus Nel, Ruhan du Toit, Irene-Louise van Wyk, Jay en vele ander gaan dié drie dae vir vermaak sorg. Die kunstenaars se vertonings sal regstreeks op verskeie aanlyn platforms uitgesaai word sodat kykers wêreldwyd die fees saam kan geniet. Daar gaan ook verskeie stalletjies met heerlike kos en aktiwiteite vir oud en jonk wees. 

#StopHonger

Om feestelik saam te kuier is een ding, maar ons wil die fees graag aan ‘n groter doel ook koppel. Die realiteit is dat daar elke aand kleuters is wat honger gaan slaap, want hul ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te voorsien nie.

Meer as 8 000 kleuters is tans deel van Helpende Hand se #StopHonger-voedingskema. #StopHonger help kleuterskole in Afrikaanse gemeenskappe met koopbewyse om kos vir hulpbehoewende kleuters aan te koop, en vir vele van dié kleuters is dit hul enigste of hoofmaaltyd vir die dag.

Aansoekvorm vir uitstallers

Het jy ‘n trotse produk wat jy graag aan jou gemeenskap wil bekendstel? Wil jy graag jou kos, vars produkte of handgemaakte produkte kom uitstal? Klik gerus op die skakel hier onder en vul die vorm in.

Aansoekvorm vir uitstallersInligting vir uitstallers

Virseker Geesfees in die Media

Teken die Virseker Geesfees in jou dagboek aan

Virseker en Helpende Hand – Deel van die Solidariteit Beweging is besig om planne te beraam vir ʼn kunstefees om mense se gemoedere én kinders se honger magies te voed. (Maroela Media – 26 Nov 2021)

Hammie en Jaco kom Potch toe

Hammie Wessels en Jaco van Dyk het besluit om hulle gholftoer vir ‘n naweek in Potchefstroom te verruil! Kom geniet die Virseker Geesfees vanaf 18 tot 20 Maart 2022 saam met WOES TV en verskeie kunstenaars. Boonop is dit ten bate van Helpende Hand, ‘n deel van die Solidariteit Beweging se #StopHonger-projek.

Pretoria FM hou jou op hoogte

Ons kan met trots sê Pretoria FM is ons mediavennoot vir die Virseker Geesfees 2022. Klik gerus op die skakel om voor en tydens die fees na hulle direkte uitsendings te luister.

Geesfees goed vir honger mae én kunstenaars

Die Virseker Geesfees, wat in Maart vir die eerste keer buite Potchefstroom in Noordwes gehou word, wil meer as een soort honger stil. (Beeld – 17 Feb 2022)

Die Virseker Geesfees is ‘n fees met ‘n verskil…

Van die land se vooraanstaande Afrikaanse kunstenaars is eersdaags by die Virseker Geesfees te sien waar hulle ten bate van Solidariteit Helpende Hand se #StopHonger-voedingskema gaan optree.
(Ofm – 1 Maart 2022)

Feesprogram

Klik op skakel om die feesprogram af te laai.

FEESPROGRAM

Virseker Geesfees 2022

is ten bate van Solidariteit Helpende Hand

Raak betrokke

Indien jy op enige manier wil betrokke raak by die Virseker Geesfees 2022 of net verdere inligting benodig, kontak ons gerus.

Selnommer: 082 555 5766
E-pos: elbe@iemarketing.co.za

PARKEER JOU VOERTUIG

Virseker Geesfees
Parkeer & Ry
en wees veilig!

Maak gerus gebruik van ons Parkeer & Ry opsie tydens die fees. Wees veilig en maak gebruik van ons busdienste.

Laai “Parkeer & Ry” skedule hier af
KOM SKRYF IN VIR DIE

Maart is Baard 
Kompetisie  
Groot pryse op die spel!

Inskrywings vir die Maart is Baard Kompetisie word aanvaar tydens die fees op Saterdag, 19 Maart 2022. Meyer & Ichnus van Buffelsfontein is die beoordelaars. 

AANDAG ALLE GESINNE

Kom neem deel 
in ons fees se Boeresport!

Alle ouderdomme is welkom om deel te neem en ons nooi gesinne uit om sommer saam te kom deelneem.

Laai video hier af
ONS NOOI JOU UIT

Wynproe 
saam met Lisa met die Rooi Hare!

Koop jou tafel nou vir R 4 500 per tafel (10 mense).
Sondag: 20 Maart 2022

5 Wyne met Canape-paring, ingang tot die fees asook Jannie Moolman, Ruan du Toit en Corlea Botha se optrede is ingesluit. Kom kuier saam terwyl Lisa met die Rooi Hare jou kom vermaak. 

Koop jou kaartjies hier